'n Veilige hawe vir kwesbare kinders in Stellenbosch

Wie is Jeuguitreik?

Wie is ons?

Jeuguitreik is 'n Kinder- en Jeugsorgsentrum in Stellenbosch, Suid-Afrika. Ons bied 'n veilige hawe sowel as voortreflike sorg vir die ontwikkeling van kwesbare kinders, deur bekwame en sorgsame volwassenes.

Ontstaan

Jeuguitreik is in Oktober 1997 gestig met die doel om in die onmiddellike- en langtermynbehoeftes van hawelose kinders van Stellenbosch, te voorsien.

U hulp is noodsaaklik om kinders toegang te gee tot die sorg en ontwikkeling wat hulle verdien