Meer oor ons

Ontstaan

Jeuguitreik is in Oktober 1997 gestig met die doel om in die onmiddellike- en langtermynbehoeftes van hawelose kinders van Stellenbosch, te voorsien.

Vanaf Januarie 1998 tot April 2004 is hierdie dienste aangebied met die hulp van betaalde personeel van 'n veeldoelige dienssentrum genaamd Indawo Yolutsha (Plek vir die Jeug) wat op die Bergzicht-markterrein opgerig is.

2002

Sedert Oktober 2002 funksioneer Jeuguitreik as 'n inloopsentrum, hoofsaaklik omdat die groot getalle straatkinders dit onmoontlik gemaak het om as 'n oornagskuiling te funksioneer.

2004

Vanaf Mei 2004 is ons dienste uitgebrei om oornagslaapgeriewe met 24-uur toesig vir kinders in Bell House, oorkant die Du Toit-stasie in Stellenbosch te bied. Jeuguitreik het aanvanklik net die spasie gehad, bekend as Bell House I, vanwaar dienste slegs aan seuns gebied kon word.

2005

Sedert 2005 is Jeuguitreik 'n Plek van Veiligheid en word kinders deur die sosiale netwerk geplaas soos voorgeskryf deur die Kinderwet.

In die loop van 2011, na die opknapping van Bell House II, is ons dienste uitgebrei om ook vir meisies voorsiening te maak. Die Inloopsentrum (Drop-in) is ook sedert 2010 in werking by Bell House binne die motorhuisarea tussen die twee huise.

2020
2011

Gedurende 2020 is die areas van die huise uitgebrei om aan die groeiende behoeftes van Jeuguitreik te voldoen. In samewerking met Bell House Trust (die eienaar van die gebou), is ‘n stoor omskep vir die Inloop-programme, met nuwe ablusiegeriewe bygevoeg.

Ten spyte van die Covid-pandemie, neem Jeuguitreik die leiding in 2020 by GoKids in Mountainview (Jamestown) informele nedersetting. Soortgelyk aan die Inloopsentrum, word dienste en programme aan voorskoolse kinders en skool-uitvallers verskaf. Hier word ons gemeenskap se broosste deel versorg.

In Mei 2022 is die ou winkel aan Birdstraat se kant omskep in 'n ontspanningsarea vir die kinderhuise. ‘n Aangrensende stoor is omskep in 'n industriële kombuis en eetkamer, aangesien 100 (en meer) etes elke dag bedien word.

2022

“No act of kindness, no matter how small, is ever wasted.”

– Aesop