Jeuguitreik is 'n nie-winsgewende organisasie wat help om die lewenskwaliteit van kwesbare kinders te koester

Raak betrokke

Daar is baie maniere waarop jy betrokke kan raak en 'n verskil in die lewens van die kinders by Jeuguitreik kan maak.

Word 'n vrywilliger by Jeuguitreik

Almal het 'n netwerk van eendersdenkende kollegas, Bybelstudie sielsgenote, sportvriende en meer. Jy kan baie bydra deur jou netwerk in te lig oor ons behoeftes en werk. Laat asseblief ons storie hoor, want dit neem 'n dorpie om 'n kind groot te maak!

Kom eet saam met ons op 'n Vrydag

Ons verwelkom vrywilligers wat 'n diens of kundigheid kan bied en 'n pad saam met ons kinders kan stap. Die kinders in ons sorg is dikwels deur volwassenes in die steek gelaat, daarom verkies ons vrywilligers wat oor 'n langer termyn betrokke sal wees. Kom help een keer 'n week met huiswerk, bied 'n sport op 'n gereelde basis aan, kom lees saans stories, of kom gesels met ons sodat ons gedagtes oor ons gedeelde behoeftes kan uitruil.

Vertel ons storie


Ons wil jou graag by Jeuguitreik ontvang, en hoop om jou as ondersteuner, medewerker en/of finansiële vennoot te bedank. Ons glo ons het nog lekker stories om te vertel. Ons middagete sal presies dieselfde wees as die ete wat die kinders in ons sorg daardie selfde dag sal geniet. Ons gaan sit by dieselfde tafel in die eetkamer waar hulle elke dag eet.

E-pos ons gerus as jy om 11:45 by ons wil aansluit vir ‘n Vrydagmiddagete.

“History will judge us by the difference we make in the everyday lives of children.”

– Nelson Mandela