Meer oor ons

Wie is ons?

Jeuguitreik is 'n Kinder- en Jeugsorgsentrum in Stellenbosch, Suid-Afrika. Ons bied 'n veilige hawe sowel as voortreflike sorg vir die ontwikkeling van kwesbare kinders, deur bekwame en sorgsame volwassenes.

Wat doen ons?

Ons verskaf sekuriteit, sorg en opvoeding aan kwesbare kinders in 'n kindervriendelike omgewing in ooreenstemming met die Kinderwet van 2005 (soos gewysig). Die kinders in ons sorg word verder toegerus met lewensvaardighede om selfversorgend as volwassenes te wees. Ons ondersteun gesinne van hierdie kwesbare kinders en bevorder gesinshereniging.

Hoe doen ons dit?

Jeuguitreik het twee kinderhuise (Bell House 1 vir 12 seuns, en Bell House 2 vir 14 meisies) waar kwesbare kinders (ouderdomme 5 tot 18) in nood met die hoogste respek en waardigheid vesorg word. Opvoeding, liefde en sorg gaan hand aan hand in 'n stabiele en ondersteunende huis.

Tweedens verskaf ons inloopdienste aan kwesbare kinders wat nog by hul ouers in ons gemeenskap woon, maar wat voedings-, terapeutiese dienste, higiëne-, kleredrag of ander vorme van ondersteuning benodig. Ons inloopsentrum by Bell House voorsien maandeliks 60-120 kinders. Ons oggendprogramme, in die informele nedersetting in Jamestown, fokus op voorskoolse kinders en skool-uitvallers.

Die personeel van Jeuguitreik is gekwalifiseerde en geregistreerde Kinder- en Jeugsorgwerkers of Hulp Maatskaplike Werkers onder toesig van professionele Maatskaplike Werkers in ons diens.

“No act of kindness, no matter how small, is ever wasted.”

– Aesop